R2.2M vir Thaba Manzi

BELA – BELA – Thaba Manzi Wildlife Services se wildveiling het op 17 September 2011 plaasgevind.

Die teelgroepe en vroulike diere op hok het die volgende gemiddelde pryse behaal: 21 blesbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R1200, 21 wit blesbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R1986, 35 blouwildebeeste verkoop teen ‘n gemiddeld van R2270, 20+1 elande verkoop teen ‘n gemiddeld van R4230, 34 gemsbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R3632, twee koedoes verkoop teen ‘n gemiddeld van R2300, 27 njalas verkoop teen ‘n gemiddeld van R5878, 33 rooibokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R900, vier zebras verkoop teen ‘n gemiddeld van R4200, ses waterbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R3750 en drie swartwitpense verkoop teen ‘n gemiddeld van R170 000.

Die manlike diere op hok het die volgende gemiddelde pryse behaal: nege blesbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R1433, een volwasse eland bul verkoop teen R17 500, vyf jong eland bulle verkoop teen ‘n gemiddeld van R4500, twee volwasse koedoe bulle verkoop teen ‘n gemiddeld van R9000, vier njalabulle verkoop teen ‘n gemiddeld van R6450, vier volwasse rooibokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R950 en een volwasse swartwitpensbul verkoop teen R35 000.

Die totale omset per hokveiling was R1 232 250.

Ses vroulike teelgroep swartpensverse per katalogus het onder die hamer gekom vir R1 020 000.

Niel Swart was die afslaer.