Ons lesers skryf – Straatsmouse ‘n “rip off’

Ek staan voor die winkel saam met my huishulp en haar suster en wag vir die res van die plaasmense wat nog inkopies doen.

Een van die smouse nader my en vra of ek parfuum wil koop vir R50, ek sê nee dankie. My huishulp se suster vra toe vir hom hoekom verkoop hy dit aan hulle vir R10 maar aan my wil hy dit vir R50 verkoop, waarop hy haar toe antwoord dat die witmense het baie geld en hulle betaal meer. Hy het dit ook aan 2 bejaarde vroue verkoop vir R50.

Ek stap toe na die een van die smouse wat Rugbytruie verkoop vra wat kos ? trui, hy sê vir my R180. Ek stuur toe my huishulp om ook te vra wat kos die truie en hy antwoord haar R80 elk.

Ek het toe my bevestiging dat hulle ons verneuk. Ek wil net vir die mense van Thabazimbi sê: wees versigtig vir hierdie tipe “Rip Off’s”.

Susan Botha – Thabazimbi