Limpopo teler vat die koek

World Cup, voorspel moontlik net goeie dinge vir ons bokke tydens die wêreldbeker, glo haar eienaar, Hannetjie Loots, wat met die Pretoria Lenteskou baie medaljes en pryse losgeslaan het.

LEPHALALE – Een van Limpopo se voorste Rooi Brahman stoettelers, het ander gewys waar Dawid die wortel begrawe het, toe sy tydens die Pretoria Lenteskou met groot pryse weggestap het.

Hannetjie Loots van Lobram Brahman stoet van Lephalale het drie kampioene en een groepklaswenner vertoon en sewe goue medaljes verower.

Vanjaar het die Lobramstoet, na verskeie kampioene, op Lephalale se Bosveldfees en Thabazimbi Landbouskou, ook teen die kampioene uit ander streke kon meeding. Die volgende prestasies is behaal:

Die goue medalje, vir die eerste item op die Brahmane se agenda, naamlik die moeder-nageslag van twee diere, geteel en in besit van die teler, is vir die derde agtereenvolgende jaar toegeken aan dieselfde twee diere uit die Lobramstal, nl. Pilot Three en sy ousus, World Cup. Lg. het haar naam gekry omdat sy  gebore is, op dieselfde dag  as wat Suid-Afrika die vorige Rugbywêreldbeker verower het.

Dit was dan ook gepas, dat haar eerste verskalf, Senorita, die eerste kampioenskap losgeslaan het, naamlik Kalfkampioenvers. Sy is gebore op die dag toe Spanje die Sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika verower het en daarmee vir haarself die naam Señorita toegeëien het.

Daarna was World Cup self, die Senior en Raskampioen, by die Rooi Brahmane.

Volgens Loots is World Cup weer dragtig en verwag die veearts dat haar volgende kalf gebore sal word rondom die tyd van die wêreldbeker-eindstryd. “Wie weet,” sê Loots, “dalk is dit ‘n goeie teken vir ons manne in groen en goud en word daar nog ‘n World Cup gebore!”

Miempie, Loots se oogappel, is met haar spogtweeling aangewys as die Superkoei, ‘n titel wat sy verower waar sy ookal meeding.