Klere, skoene, speelgoed na wesies

‘n Groep leerlinge van Laerskool Thabazimbi saam met me Hantie Vorster by die besending klere, skoene en speelgoed oppad na Abraham Kriel Kinderhuis.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het op 27 September weer ‘n groot besending klere, skoene en speelgoed na die Abraham Kriel Kinderhuis te Nylstroom gestuur.

Aangesien die AKK vir kinders sorg wat nie ouers het nie of nie by die ouers woon nie is hulle baie afhanklik van skenkings, donasies en oop hande van mense wat ‘n verskil maak in dié afvlerk-kinders se lewens.

Enige skenkings soos klere en skoene wat te klein is, asook nie-bederfbare produkte kan deurlopend aan Laerskool Thabazimbi gestuur word. Die skakelpersoon is Me Hantie Vorster.

Die gemeenskap word bedank vir hul wonderlike gesindheid en oop harte.