Hokkie Bokke maak hul merk

Die O/13 seuns hokkiespan van Laerskool Thabazimbi, agter vlnr: Andrew Kghotlang, Michael van der Linde, Xavier Kock, Juandré Mitton en Rigard Vink. Middel vlnr: Athur Collins, Awie Jordaan, Martin Moleki, Dominic Pungula en Henno Jordaan. Voor vlnr: Johan van Aswegen, Japie Nepgen, Michael Payne, Waldo Breedt, Heinrich Penzhorn en Jan-Adriaan du Plessis.

GROBLERSDAL – Die O/13 seuns hokkiespan van Laerskool Thabazimbi het goed gevaar in die Liga. In die uitspeelwedstryd wat te Groblersdal plaasgevind het, wen Thaba die Julium Muller seuns hokkiespan met 1 doel teenoor 0.

Tydens die kwarteindrondte in Tzaneen verloor hulle ongelukkig teen Drakensig.

Die seuns hokkiespan word afgerig deur die bekwame Esmé Behrens.