Geslote Ope Rhino Uitslae

Die stoeiers van Rhino Stoeiklub het puik presteer by die Geslote Ope te Potgietersrus, hulle ontvang die volgende medaljes vlnr: Izelle Moolman silwer, Michelle Smit goud, Iwan Lombard goud, Tienie Smit goud en Armand Venter silwer.

POTGIETERSRUS – Rhino Stoei Klub het Saterdag 10 September aan die Limpopo Geslote Ope te Potgietersrus deelgeneem.

Die dag was vol opwindende stoei en die klub se hoof afrigter, Tinus Smit, was baie trots op almal wat die klub se naam hoog gehou het.

Al vyf stoeiers wat ingeskryf het het met medaljes teruggekeer.

Die seuns Iwan Lombard, Tienie Smit en Armand Venter bereik ‘n plek in die Limpopo span en mik nou vir die Limpopo SA Jeug span.

Die meisies, Izelle Moolman en Michelle Smit het met hulle deelname aan die Geslote Ope alreeds hulle plek in die SA Jeug span van Limpopo verwerf en hulle sal saam met die seuns wat plek kry van 6 tot 7 Oktober te Johannesburg SA Jeug kampioenskap meeding. Die klub wens al die stoeiers voorspoed toe.