CVO hou Swerwers-kompetisie in Oktober

As jy sulke groot kurpers kan vang moet jy beslis sorg dat jy jou kaartjie koop vir die Swerwers Hengelkompetisie. Op die foto met ‘n kurper is Nico Botha, Thabazimbi Hengelklub se voorsitter.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie Privaatskool tesame met Thabazimbi Hengelklub bied op 7 tot 9 Oktober ‘n swerwerskompetisie aan.

Dit beteken hengelaars kan gaan hengel net waar hulle wil solank as wat hulle ‘n kaartjie van R100 gekoop het. Inweeg vind op Sondag 9 Oktober om  15:00 plaas by die sportterein van die CVO skool.

Pryse is as volg: grootste karp wen koedoekarkas, grootste barber wen blouwildebees, grootste kurper wen rooibokkarkas, grootse moddervis wen rooibokkarkas en grootste makriel/klipbarber wen vlakvark. Kontak 083 348 2315 vir navrae of e-pos thabahengel@gmail.com. Kaartjies is by Bosveld Akademie, ERA Eiendomme, Kransberg Wapens en Amper Mahala beskikbaar.