Bosveld Akademie hou Matriekafskeid

THABAZIMBI – Die Matriekafskeid is die jaarlikse sosiale hoogtepunt van Bosveld Akademie Privaatskool en het op Vrydag 23 September by Kumba se Bioskoopsaal plaasgevind.
Ouers kon die matrieks inwag voor die onthaalsaal en almal is aangenaam verras deur die elegante wyse waarop die matrieks gearriveer het. Stylvolle dekor en beligting het die eregaste op hul spesiale aand verwelkom.
Sorgvuldig verkose geregte was op die verruklike spyskaart en het die Matrieks behoorlik weggelê aan die watertand-lekker disse. ‘n Vis kelkie was bedien vir voorgereg, gevolg deur die hoofgereg wat onder ander steurgarnale, hoender, skaap, biltongtert, peri-peri hoenderlewertjies, boontjie bondeltjies en pampoentert ingesluit het. Die nagereg was ‘n verskeidenheid van kaaskoeke, pepermentkrisp tert, malvapoeding en roomys. Inderdaad dekadent.
‘n Hartlike dank word uitgespreek teenoor mnr Louis Fouchè, organiseerder asook die fotograaf van hierdie spoggeleentheid. Die skool bedank Isabel Fouchè en haar span vir die saal en uitstekende kos, George en Melanie Robertson vir die puik musiek, die Gr 11 leerlinge, Elmarie Janse van Vuuren, Victor van Aswegen en Kobus Potgieter vir julle harde werk, Andrus Kwekery vir die gebruik van hul plante en Tirol Kwekery vir ‘n asemrowende voorportaal.
Graag bedank Bosveld Akademie ook die bestuur van Kumba vir die saal, waar hulle hul Matrieks vir oulaas op hulle unieke, stylvolle wyse kon uithang.