4 silwers vir Thaba Stoeiers

Die Thaba Stoeiers wat 6-8 Oktober aan die SA Jeugkampioenskappe sal deelneem, voor vlnr: Louis Trichardt, Ruan Geldenhuys en Gerhard Snyman. Agter vlnr: Jóvan Barkenhuizen, Stefan Geldenhuys en afrigter Pierre Botha.

PRETORIA – Thabazimbi Stoeiklub se stoeiers het tydens die Streekskampioenskap op Saterdag 24 September uitstekend presteer. Vyf van die ses stoeiers wat gekompeteer het, het hul Provinsiale kleure verwerf om Limpopo te verteenwoordig by die SA Jeugkampioenskappe wat vanf 6-8 Oktober te Wembly plaasvind. Die stoeiers het as volg presteer: Ruan Geldenhuys (O/12) verwerf ‘n silwer, Gerhard Snyman (O/11) verwerf ‘n silwer,  Jóvan Barkenhuizen (O/10) verwerf ‘n silwer, Louis Trichardt (O/10) verwerf ‘n silwer en Stefan Geldenhuys ‘n vierdeplek. Duncan Loubser het ‘n vyfdeplek verower en hom goed van sy taak gekwyt.