Vuur en vlam by SmartBrain

Die kleuters van SmartBrain Kidz tydens Brandweerdag, voor vlnr: Yune Meyer. Middel vlnr: Kieran Soarez, Ivon Keyser, Niche Rhors, Mia Gerber, Divan Muller, Carla Coetzee, Erik Coetzee, Dimion Visser, Dino Fernandes, Karen Claassen, Caylum van Biljon, Hanno du Toit, Liam Santos en Eckard de Klerk. Agter: Juffrouens Meranda en Marlize.

THABAZIMBI – Die brawe manne van Thabazimbi Brandweerdiens het SmartBrain Kidz op 8 September besoek.

Die kleinspan het die praatjie vreeslik geniet en het nuwe respek vir dié beroep. Hulle bedank Jimmy Mocapisi en Jane Mnisi van Verkeer, Elizabeth Mathiatsi (rampe) en Jacob Pilane en Kaizer Mataboge (brandweer) vir hul insette.