Totsiens Ivan

Ivan Keyser, ‘n bekende sakeman van Thabazimbi en jarelange Bosvelder, het sy stryd teen kanker op Woensdag 13 September 2011 verloor. ‘n Dankseggingsdiens word op Maandag 19 September om 11:00 in die Hervormde Kerk Vliegepoort Gemeente gehou.