THABAZIMBI-TAR se “raffle” – 52 pryse – Ondersteun ons asseblief!

Een van die hokke wat TAR gehuur het op die ou perseel.

TAR is ten volle daarvan bewus dat daar baie behoeftiges in ons gemeenskap is.  Onthou net dat ‘n dier nie by iemand kan gaan hulp vra of kla nie.  TAR is gestig juis om na hierdie groot behoeftigheid van die stil stemme en smekende oë om te sien. TAR het so pas 10 hokke laat bou wat die eerste fase van hulle bouprojek is.  Nog 2 fases moet dringend gebou word om die groot hoeveelheid verwaarloosde en mishandelde diere te huisves.  Die kostes beloop derduisende rande.  TAR het dus ‘n “raffle” gereël om te help met die fondse vir die bou van die hokke. ‘n Kaartjie kos slegs R25.  Die gelukkige trekkings is op 29 Oktober 2011 om 16:00 op Butlers se bierfees wat by die skougronde in Thabazimbi gehou word. Die wenners hoef nie teenwoordig te wees nie, alhoewel hulle groot pret gaan misloop.  Die hekke open 10:00 die Saterdag oggend tot en met 02:00 die volgende oggend.  Daar gaan verskeie kunstenaars wees soos Hans Drommedaaris, Joe F, Kinky Robot, Lemmé, Tinus en ‘n Oempaorkes.  Vanselfsprekend sal daar ‘n biertent wees en die Jägermeister trok is ‘n plus punt vir dié dag.  Boeresport, kindervermaak en stalletjies gaan ook aan die orde van die dag wees.  Daar gaan ook ‘n potjiekos kompetisie wees.  ‘n Span bestaan uit 4 lede.  Dit kos R150 per span en sluit die bestanddele in.  10% van alle winste gaan na Jakaranda se “Good morning angels” toe.  Bierfees kaartjies kan nou al gekoop word teen R50 vir volwassenes en R30 vir kinders onder 12 jaar.  Kaartjies by die hekke op 29 Oktober sal R80 wees vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12.  Kinders onder 8 jaar is gratis.  TAR wil ook ‘n spesiale dank aan die volgende besighede uitspreek wat pryse vir hulle “raffle” geborg het:  Cash Crusaders, Wimpy, Hardekool Gastehuis, Deo Volente Gastehuis, Tirol Kwekery, Wes-Voere, Pick n Pay, Thaba Superspar, Maryke Carstens – Geregistreerde Dieetkundige, Die Kwêvoël, S & S Framing and Blinds, The Butler Family Diner, DOH Hardeware en Bou, Marakele Predator Centre, Xplore Africa, Memory Lane, Spur, Krimpvarkies & Vlinders, Bernina, Postnet, Coffee Bean en Tula’s Leathers.  Pryse wissel van R100 tot R6000 koopbewyse, kontant, naweek wegbreke, gereedskap, plante, leer mans- en dames beursies, duursame pen stel, Landrover piekniek sak, hot dog maker, “deep fat fryer” en vele meer.  Kontak Paula i.v.m. die “raffle” kaartjies, asook die bierfees kaartjies by 083 2566 138.  Vir stalletjies en bierfees kaartjies kan u vir Cois skakel by 082 687 6615 of Mark by 072 037 4332.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.