Thaba verloor ‘n grote

Die gemeenskap groet Faan Erasmus (MSA) wat op 12 September oorlede is.

THABAZIMBI – Faan Erasmus, alom bekend as MSA, het op Maandag 12 September aan ‘n hartaanval beswyk.

Faan is gebore op 11 Februarie 1931 te Rustenburg, hy is met Marietjie in die eg verbind en uit die huwelik is twee dogters, Christa en Elna gebore. Hy het by Iscor gewerk as opmeter, maar was ook ‘n kranige rooi brahmaan stoetboer. Faan het diep spore in die gemeenskap getrap. Hy sal onthou word as ‘n aktiewe en lewendige mens.

Hy laat ook sy twee broers, Piet en Hannes, skoonseun George Thoms en drie kleinseuns, Marnus, Ruan en Hanno na. Met diepe hartseer word oom Faan gegroet en bedank die gemeenskap hom vir sy toegewydheid. Die familie bedank dr Andries Buys en Huibert Joubert, ‘n jare lange vriend.

Die begrafnisdiens vind plaas op 17 September om 10:00 vanuit die Gereformeerde Kerk. Ds Dirk Laufs sal die diens lei.