Kleurvolle Interkleuter Atletiekdag

Helderkleurige, adrenalien aangedrewe klein woelwaters het die sportgronde van Bosveld Akademie op Saterdag 10 September oorgeneem met hul jaarlikse Interkleuter Atletiekdag. Die goed georganiseerder byeenkoms was binne twee ure afgehandel waarna elke kleinding ‘n medalje en rugsakkie met lekkertjies ontvang het.