Joubert egpaar vier 40 jaar

Tannie Daleen en oom Kobus Joubert vier hierdie naweek hul 40ste huweliksherdenking sowel as oom Kobus se 70ste verjaarsdag.

THABAZIMBI – Die Joubert-egpaar, oom Kobus en tannie Daleen, het meer as Lentedag om in September te vier.

Die twee oud Thabazimbiërs herdenk op Sondag 18 September hul 40ste huweliksjaar, dit terwyl daar vir oom Kobus ‘n allemintige 70 partytjie kersies op Saterdag 17 September aangesteek word. Uit die huwelik is hul ryklik geseën met ‘n seun, twee dogters en drie kleinkinders.

Nadat oom Kobus ‘n vervroegde pakket by Iskor geneem het na 22 jaar diens, het hy by die Paaiedepartement as padskraper operateur aangesluit waarna hy in 2006 afgetree het. Volgens oom Kobus is die sleutel tot hul huwelik-sukses, goeie samewerking en knipoog dat die laaste paar jaar sedert sy aftrede hy die meeste geniet.

Die Kwêvoël wens hulle geluk met die twee mylpale en hoop dat hulle in die jare wat voorlê steeds so gelukkig sal wees.