6 medaljes vir TBZ Stoeiklub

Die ses stoeiers wat gaan deelneem aan die Streekstoernooi te Pretoria op 24 September. Agter vlnr: Ruan Geldenhuys, Duncan Loubser en Gerhard Snyman. Voor vlnr: Louis Trichardt, Stefan Geldenhuys en Jòvan Barkenhuizen.

THABAZIMBI – Ses stoeiers  van Thabazimbi stoeiklub het uitstekend gepresteer op Saterdag 10 Oktober met hul deelname aan die Geslote Limpopo byeenkoms te Potgietersrus.

Dié ses manne het hul goed van hul taak gekwyt en dring deur na die Streekstoernooi wat gehou word op 24 September te Pretoria. Indien hulle hier kwalifiserende punte behaal, sal hulle aan die SA Jeug Kampioenskappe deelneem wat plaasvind vanaf 6 tot 8 Oktober te Wembley stadium.

Ruan Geldenhuys verwerf goud, Duncan Loubser verower silwer, Gerhard Snyman verower goud, Jóvan Barkenhuizen verower goud Louis Trichardt verower goud en Stefan Geldenhuys verwerf silwer.