Thabazimbi Hengelklub vang ‘n ses vir Noordwes

Die klublede van Thaba Hengelklub het almal Noordwes-kleure, agter vlnr: Chantell Meyer, Martie Murray, Marietta Botha en Nicolene Heydenrych. Voor vlnr: Theunis Botha en Theunis Heydenrych.

THABAZIMBI – Thaba Hengelklub het op 6 Augustus aan die Noordwesfunksie te Hedgehog lodge in Rustenburg deelgeneem.

Buiten dat ses van die klub vir Noordweskleure gekwalifiseer het, het die penkopspannetjie ook besonders goed gevaar. Die klub wens die volgende lede geluk met hulle Noordwes prestasies: Tokkie Burger (Senior Noordwes A-span), Maurits Claasen (Noordwes Juniorsspan), Nico Geldenhuys (Noordwes Juniorspan) en Jaco Geldenhuys (Noordwes Juniorspan).

Die Hengelklub is in Januarie weer op die been gebring met ‘n klein groepie hengelaars van ongeveer 28 lede. Huidig staan die klub op 52 hooflede sterk en groei daagliks.

Wat die klub so uniek maak is die feit dat hulle, hul hengelaars ondersteun en bystaan tot hulle hul provinsialevlak bereik. Van die groepie hengelaars is niks minder as vyf direkte familie. Theuns Botha die ouboet van die Botha Familie was niks minder as vier keer Springbok waarna sy vrou Marietta Botha ook haar Springbok kleure verwerf het. Theunis het op verskeie agt uur kompetisies as individuele hengelaar onderskeie sakgewigte gehengel: 100.48kg vir swaarste sak skubbevis, 104.625kg vir swaarste sak nie-skubbevis en swaarste sak gemeng 131.135kg. Hierdie sakke is alles in 1983 gehengel toe hengel nog hengel was en is ‘n besonderse prestasie wat deur ‘n enkel hengelaar bereik is.

Die twee sussies Martie Murray en Nicolene Heydenrcyh het die jaar vir die tweede keer Noordweskleure verower. Nicolene Heydenrych se seun Theunis Heydenrych het die afgelope jaar as Junior Noordweshengelaar gekwalifiseer. Chantell Meyer het vir die klub die afgelope jaar as penkoppie gehengel en kwalifiseer sommer al in die eerste jaar van Hengel vir haar Noordweskleure. In Februarie het Martie en Nicolene aan die SA Kampioenskappe te Bloemhof gaan deelneem waartydens Martie weer in die SAVOF Uitnodigingspan opgeneem is.