Super 10 Jukskei Toernooi
KIMBERLEY – Die jaarlikse Super 10 Jukskei Toernooi word gespeel op Saterdag 17 September te Kimberley.
Die volgende spelers van Limpopo Jukskei Unie is gekies vir die toernooi: Eerste span – Sois van Zyl (L), Chris Swanepoel, Werner Swanepoel en Daphne Liebenberg. Tweede span – De Graaff Genis (L), Francois van Zyl, Johan van Zyl en Bertus Els. Derde span – Bossie Liebenberg (L), Fanis Genis, Adrie Muller en Alet van Tonder.
Op dieselfde dag word ‘n skole ontwikkelingsdag aangebied om 08:00 by die Polokwane-bane en op Saterdag 24 September bied Mopanie Jukskeiklub ‘n Opedag aan ook by die Polokwane-bane om 08:00. Kontak persoon is Martiens Vermaak by 079 899 6803.