Loslitdag Facebook fotokompetisie

THABAZIMBI – Die Kwêvoël se Loslitdag fotokompetisie sluit op Maandag 12 September. Stem vir jou gunsteling Loslitdag deur na die Kwêvoël se facebookblad te gaan, te kliek op jou gunsteling Loslitdagfoto en “like” te kliek. Die foto met die meeste “likes” wen. Skakel Estie by Die Kwêvoël kantoor by 014 777 1621 vir meer besonderhede.