Laerskool TBZ Revue

Die Gr 1’s se Hakuna Matata-groep tydens die Laerskool Thabazimbi Kunste Eisteddfod.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het in Augustus hul Kunste Eisteddfod aangebied en daarmee saam hul Revue. Die klein akteurs het hul goed van hul taak gekwyt en uitstekende prestasies opgelewer.