Gholf Interhoër

Die B-span van HFM wat die Interhoër se B-liga gewen het, voor vlnr: A Azar en C Steenkamp. Agter vlnr: Mnr R Visser, B van Rensburg en E de Villiers.

LEPHALALE – Hoërskool Frikkie Meyer se drie gholfspanne het op Donderdag 18 Augustus reeds na Ellisras vertrek om ‘n oefen rondte Gholf voor Interhoër 2011 te speel.

Die seuns het dit goed benut en vroeg kennis gemaak met Ellisras se Maroela bome en hobbelrige setperke. Die spelers het oornag en na ‘n heerlike ontbyt van mnr en mev de Villiers was die seuns gereed vir die groot dag se spel. Frikkie Meyer het in die A-, B- en C-liga’s deelgeneem.

Die A-span het “Medal” gespeel en die drie beste tellings word bymekaar getel. A-span se totale houe was 251 en dit het hul derde vir die dag geplaas.

Die C-span het op die “IPS”- puntestelsel gespeel en die drie beste tellings word ook bymekaar getel. Hul maak saam 77 punte en eindig ook derde.

Die B-span speel ook op die “IPS”-puntestelsel en speel baie goeie gholf. Armand Azar maak 33 punte, Benhard van Rensburg maak 31 punte, Clemens Steenkamp maak 35 punte en Edward de Villiers maak 33 punte. Die drie beste tellings tel in saam maak hul ‘n baie goeie 101 punte wat meer as genoeg is om Interhoër se B-liga te wen. Dieselfde vier seuns het vroeër vanjaar ook die Limpopo Skole-liga gewen.

Baie geluk aan die seuns en ook die ander twee spanne se goeie prestasies.

Frikkie Meyer het sy beste Gholfjaar nog beleef en sien uit na volgende jaar se seisoen. Almal word bedank wat die spelers deur die jaar geborg en ondersteun het.