Rockers skud litte los op Loslitdag

Die Kwêvoël-span het hul ondersteuning vir persone vir gestremdhede getoon met hul kleurvolle asook donker weergawe van hul gunsteling rockers. Op die foto voor vlnr: ‘Rocker Chic’ (Estie), Cyndi Lauper (Celest), Avril Lavigne (Marlize) en Shania Twain (Paula). Agter vlnr: ‘Punk Rocker’ (Michell) en Elvis (Pieter Coetzee, redakteur).

THABAZIMBI – Die gemeenskap van Thaba het op Vrydag 2 September hul ‘groovy’ sy vertoon terwyl hulle soos rocksterre uit hul gunsteling era aangetrek het ter ondersteuning van Loslitdag en daarmee saam persone met gestremdhede.

‘n Loslitdag-plakker was die toegang tot platforms, leerbroeke en pruike en ‘rock’-karakters, van koddig tot amper identies van aard, was dié dag om elke hoek en draai te bespeur.

Die Kwêvoël het besighede genooi om hul Loslitdag-foto in te stuur vir Die Kwêvoël Facebook kompetisie, die beste Loslitdagfoto’s word gepubliseer en die persoon wie die wen foto ingestuur het, sal wegstap met ‘n ete by Dewside Restaurant in Tweedelaan.