Groot kleuter-opkoms by Atletiekdag verwag

THABAZIMBI – Die jaarlikse Interkleuter Atletiekdag vind more, Saterdag 10 September by die Bosveld Akademie sportgronde plaas.

Ladies en Laaities is hierdie jaar die organiseerders met Marie Coetzee aan die stuur. ‘n Aantal plaaslike kleuterskole sal deelneem aan die ses verskeie items wat insluit, reguit-afstande, marshmellow eet, sakresies met inkopiesakke, toutrek, Monkey Nastix en balgooi items. Die verrigtinge begin om 08:00 wanneer elke skool die geleentheid sal kry om ‘n optog te hou met sy eie vlag en liedjie. Die atletiekdag behoort die kleinspan tot ongeveer 10:00 besig te hou. Vir al die energieverbranding sal daar ‘n verskeidenheid kosstalletjies wees, onder andere hamburgers, worsrolletjies en koeldrank. ‘n Noodhulp stalletjie word voortdurend beman en elkeen wat aan hierdie sportdag deelneem stap weg met sy eie medalje. Die sportdag is gratis en slegs R5 per program en naamplakker word vereis. Alhoewel daar kazebo’s opgeslaan gaan word, kan mammas steeds genoeg sonblok aan hul kleinspan se gesiggies en lyfies te smeer. Daar sal ook springkastele wees vir die woelwaters wat nie aan die sportitems wil deelneem nie. Vir navrae, kontak Marie Coetzee by 082 775 6869.