Goud vir .22 skut

THABAZIMBI – Die drie .22 skuts van HFM het besonders goed presteer tydens die British Junior Internationals op 31 Augustus.

Riëtte Steenekamp verower ‘n goue medalje in die lê afdeling, en behaal ‘n algehele vierdeplek in die finale 3p afdeling.

Hendrik du Plessis behaal ‘n silwer medalje in die lê afdeling in spanverband. Naas du Plessis wen ‘n silwer medalje vir SA in 3p en behaal ‘n algehele 11de posisie in die lê afdeling terwyl Hendrik ook ‘n silwer medalje wen en algeheel sewende eindig.

Vir die “double English match” 3p B-klas wen Riëtte ‘n silwer medalje terwyl Naas vir die 3p C-klas ‘n silwer medalje verower.