Totsiens Ma Hester

Geliefde moeder, ouma en eggenote, Hester Swift (70) is op Maandag 29 Augustus oorlede.

THABAZIMBI – ‘n Inboorling van Thabazimbi, Hester Swift het op Maandag 29 Augustus, na ‘n lang siekbed, haar hoof vir oulaas neergelê.

Hester is gebore in Thabazimbi waarna sy haar skoolloopbaan in Northam voltooi het. Vandaar is sy getroud en het drie pragtige kinders, Skobol, Jood en Sanet uit die huwelik ryker geword.

Sy laat ook haar eggenoot, Jacob en sewe kleinkinders na. Sy word onthou vir haar glimlaggies en liefde wat sy uitgestraal het en sal vreeslik gemis word.

Hester se begrafnisdiens vind plaas vandag, Vrydag 2 September vanuit die AGS kerk Thabazimbi, pastoor Enslin sal die diens lei.
Haar familie bedank almal vir hul bystand, besoeke en oproepe, dit word opreg waardeer. Foto verskaf.