Skaak oppad na SA’s

Die agt skaakspelers van Laerskool Koedoeskop wat opgeneem is in Provinsiale skaakspanne, agter vlnr: Veronica van Deventer, Eduan Vorster en CJ van der Merwe. Middel: Hanré Odendaal en Luan Botha. Voor: Cornél Riekert, Gustav Grobler en Gerdro Grobler.

KOEDOESKOP – Die skaakspelers van Laerskool Koedoeskop het die afgelope termyn puik presteer.

Die laaste liga wedstryde is afgehandel en ‘n groot aantal leerders is opgeneem in die provinsiale skaakspanne wat gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Port Elizabeth gedurende Desember. Die betrokke skaakspelers is: O/8 A – Gerdro Grobler, O/8B – Cornell Riekert, O/10A – Gustav Grobler, O/12B – Luan Botha, O/12C – Eduan Vorster en Hanré Odendaal en O/14A – Veronica van Deventer en CJ van der Merwe.