Bosveld Akademie leerlinge kry span

Die hokkiespelers van Bosveld Akademie wat in die NTvl-span opgeneem is, vlnr: Annerijke Diplock, Juandre Barnard en Rouxnette Boshoff.

THABAZIMBI – Ses hokkiespelers van Bosveld Akademie het op Saterdag 27 Augustus aan die Hokkie proewe te Potgietersrus deelgeneem. Drie hokkiespelers het Noord-Transvaalspan gekry om te gaan deelneem aan ‘n Landswye Hokkie byeenkoms.