Oornag hengelkompetisie hierdie naweek

Theunis Botha met ‘n karpie van 3kg wat gevang is tydens ‘n proefsessie by die Andries Pretorius se dam. Die vis is weer vrygelaat.

THABAZIMBI – Die oornag hengelkompetisie van Thaba Hengelklub vind hierdie naweek plaas en alle hengelaars word genooi om die laaste kompetisie voor die somer aan te durf.

Die hengelkompetisie word aangebied by Andries Pretorius se dam op die Britspad, vanaf Saterdag 27 Augustus tot Sondag 28 Augustus.

Dit is ‘n oornagkompetisie wat beteken dat lyne omstreeks 06:00 ingegooi word en weer uitgetrek word op Sondag 12:00

Die wenners sal bepaal word deur die drie grootste spesies wat gevang word, karp, kurper en barber.

Navrae kan gerig word aan die Klubvoorsitter Nico Botha 083 749 8557 of 083 348 2315 of e-pos aan thabahengel@gmail.com