Ons lesers skryf – Vreedsame staking?

Na aanleiding van die berig van Beeld, Vrydag 19 Augustus 2011 waar die lede van die SAPD van Mbombela/Nelspruit die stakende munisipale werkers verbied het om verder te gaan met hul optog voor hulle nie die gemors wat hulle veroorsaak het op ruim nie, sal ek sal graag van die bevelvoerder van Thabazimbi SAPD wil weet waarom sy lede net toegekyk het hoe misdrywe gepleeg word. Die strooi van rommel, intimidasie en aanranding teenoor die publiek is oortreding van landswette en is strafbaar.

My vraag aan ons polisiemag in Thabazimbi is waarom julle toegelaat het dat daar ooglopend misdrywe gepleeg word sonder om ‘n vinger te verroer om die skuldiges vas te vat. Indien Thabazimbi SAPD die vertroue en respek van die inwoners en omgewing wil behou, moet daar nie toegelaat word dat sodanige gebeurtenis weer plaasvind nie.

Dit is een saak as werkers ‘n vreedsame optog na hullle werkgewer se kantore het om ‘n memorandum te oorhandig maar. Dit is ‘n totale ander saak as hulle onder die vaandel van ‘n staking misdrywe pleeg.

Piet Strydom – Thabazimbi