Laerskool TBZ Kunste Eisteddfod 2011

THABAZIMBI – Laerskool leerders het verlede week vanaf 15 tot 20 Augustus hul kultuur-talente by die Kunste Eisteddfod ten toon gestel. Mev Irma Day was die beoordelaar. Medaljes is toegeken aan prestasies vanaf A+ en hoër “Jy’s ‘n ster” en die afdelingwenner het elk ‘n “Super Ster” medalje ontvang. Die uitslae is as volg:

Musiek Individueel wat Vokaal en Instrumentaal insluit: Vokaal ses A++’e,  ses A++’e vir Instrumenteel A++’e, 19 A+’e vir Vokaal, 11 A+’e vir Instrumentaal, 31 A’s vir Vokaal, 17 A’s vir Instrumentaal, 22 B+’e vir Vokaal, vier B+’e vir Instrumentaal en vyf B’s vir Vokaal. In Drama-Individueel wat Drama, Bladlees en Redenaars insluit, ontvang 26 leerders ‘n A++ vir Drama, een A++ vir Redenaars, 56 A+ vir Drama, drie A+ vir Bladlees, drie A+ vir Redenaars, 60 A’s vir Drama, 20 A’s vir Bladlees, 13 A’s vir Redenaars, 25 B+’e vir Drama, 17 B+’e vir Bladlees, vier B+’e vir Redenaars, drie B’s vir Drama, 3 B’s vir Bladlees en 11 B’s vir Redenaars.

Die Groepe ontvang drie A++’e, ses A+’e, drie A’s en 1 B+. Die wenners is as volg: In die Vokaal-afdeling: Gr – Petra Keyser, Gr6 – Marguerite Olivier, Gr7  – JJ van Vuuren en Gr 7 – Marco Gonsalves.

In die Instrumentaal-afdeling: Gr 1 – Reané Coetzee en Carla du Plessis, Gr3 – Kiano Soares en Gr5 – Teagan Theron.

In die Drama afdeling: Gr R – Ané Viljoen, Gr 1 – Lieselotte Smit, Gr2 – Anke van Deventer, Gr3 – William Niemand, Gr4 – Megan Brits, Gr5 – Anke-Mari Wentzel en Gr7 – Marco Consalves. Vir Redenaars wen die Gr 6 leerder Daniël Koekemoer die afdeling.