Geen knoop-tong vir HFM leerling

THABAZIMBI – Kele Phiri (foto), ‘n matriekleerling van HFM, het op 13 Augustus aan die ATKV-Redenaars se Nasionale Kompetisie te Goudini in die Kaap deelgeneem en ‘n tweedeplek losgepraat.

Met haar onderwerp, “Alles wat blink is nie goud nie”, is Kele aangewys as die Nasionale Redenaars Naaswenner. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie aangesien Kele Tswanasprekend is en Afrikaans haar derde taal is.

Die skool betuig hul dank aan almal in die gemeenskap wat finansiële bydraes gelewer het wat dit vir haar moontlik gemaak het om aan die kompetisie deel te kon neem.