Boogskietkompetisie by Oesfees

DWAALBOOM – Soos oudergewoonte bied Thabazimbi Boogklub weer ‘n ‘Field point’ Boogskiet kompetisie tydens die jaarlikse Dwaalboom Oesfees aan.

Die ‘shoot’ gaan weer bestaan uit 10 x 2-D budds en 10 x 3-D budds, waarvan die afstande gegee sal word. Die verste budd sal nie verder as 50 yards wees nie.

Daar is groot pryse op die spel. Eerste-, tweede- en derdeplekke sal onderskeidelik beloon word met ‘n blouwildebees, rooibokram en rooibokooi wat self gejag kan word.

Daar gaan ook ‘n ‘funshoot’ wees vir ‘n geskenkbewys ter waarde van R1000 asook verskeie gelukkige trekkings.

Al die boogjagters en –klub in die omgewing word genooi om hul vernuf by die fees op 10 September te kom toets.

Inskrywings is vanaf 8:00 tot en met 12:00 en inskrywingsgeld beloop R100 per persoon, die prysuitdeling vind om 15:00 plaas.

Die klub bedank al die borge wat die aanbied van die kompetisie moontlik maak. Vir enige navrae kontak die organiseerder Pikkie van Aardt by 083 557 6473.