Baie besige tyd vir Northam VLU

Die muntlegging is ‘n jaarlikse instelling by die VLU, die muntlegging word vir die WBPV (Wêreldbond van Plattelandse Vroue) gehou. Hier poog die dames van die VLU om al die munte binne die geskrewe lyntjies te pak sonder om te val vanweë die lekker lag. Vlnr Bianca, Dahlia, Mimi en Chantell.

NORTHAM –  Die dames van Northam VLU is hard besig om alles in tyd klaar te maak vir die  Fleur de Lis Vrouedag wat plaasvind op 22 Oktober 2011.

Die Vrouedag word ten bate van liefdadigheid aangebied en is ‘n gesmede projek van Northam VLU en Northam Helpende Hande.  Die dames was hard aan die werk om die organzablomblare aan die “Goodies” sak vas te werk. Die sakke gaan gevul word met allerhande klein geskenkies en ander baie interessante goedjies. Daar word egter nog borge en pamflette en klein geskenkies gesoek. As daar enige belangstellendes is wat meer oor die VLU of die Vrouedag wil uitvind skakel gerus vir Mari Meintjes by 082 086 4915.