Top bul teen R95 000

Hierdie top bul se bod van R95 000 is toegeslaan op Mnr Derick van Wyk van Behata Brahmane. Op die foto is Manie Mountany, vennoot en Marinus van Jaarsveld (afslaer). Foto verskaf.

THABAZIMBI – Die span van Van Jaarsveld Afslaers het in die vroeë oggendure van Saterdag 30 Julie die pad na Thabazimbi skougronde aangedurf vir die amptelike Thabazimbi skouveiling wat onder die beskerming van die Brahmanbeestelersgenootskap aangebied is.

Die bekende ekonoom en mede-aanbieder van kykNET se Ontbytsake, Dawie Roodt  het die geleentheid geopen en die boere toegespreek oor ekonomiese sake, waarna die veiling afgeskop het.

Goeie pryse is op die veiling, wat vanjaar vir die eerste keer gehou is, behaal en dui daarop dat daar volgende jaar weer so ‘n veiling tydens die Limpopo Kampioenskappe aangebied gaan word.