SAVF Ouerleiding-groep vir Thaba

THABAZIMBI – Die SAVF Maatskaplike dienste wil graag weer ‘n Ouerleiding-groep op die been bring aangesien die behoefte aan ouerskapvaardighede klaarblyklik groot is.

‘n Gesin wat by die groep wil aansluit hoef nie noodwendig ‘n probleem met ‘n ouer-kind-verhouding te ervaar nie. Dit is veronderstel om ‘n verrykende geleentheid te wees waar ouers saam ‘n “dinkskrum” kan hou rondom vrae, sodat teorieë en persoonlike ervaring ondersoek en gedeel kan word.

Deur middel van die SAVF se Famnet-aksie kan soveel geleer word. Die eerste byeenkoms word beplan vir Donderdag 25 Augustus om 19:00 te Parklaan 5, Thabazimbi, agter die parkie langs die NG Kerk in Tiendelaan. Skakel 014 777 1093 vir meer inligting.