Northam VLU vier Vrouedag

Amanda Meintjes, Kevin Leo en Jakkie Louw tydens die 80ste verjaarsdagviering van SAVLU.

PRETORIA- Die Northam VLU dames is op Vrouedag, 9 Augustus per bus na die Monumentsaal by die Voortrekkermonument te Pretoria, waar 450 dames van regoor die land byeengekom het om die 80ste verjaardag van die SAVLU op luisterryke wyse te vier.

Die SAVLU se resepteboek, “Spogresepte” is tydens die geleentheid bekendgestel. Vanjaar spog die VLU ook met hul eie roos, gekweek deur Ludwig Rose. Heelwat sprekers het luister aan die dag verleen en Kevin Leo en Jakkie Louw het die dames vergas met sang en kwinkslae. Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike ete. Vir meer inligting aangaande Northam VLU, skakel Mari Meintjes by 0820864915.