Mogol Stoei hou oefenkamp

Die afrigters en stoeiers van Mogol- en Thabazimbistoeiklub agter vlnr: Jaco Snyman, Mairitz Grobler, Marnitz Grobler en Danie Swart. Stoeiers van die klubs wat die oefenkamp bygewoon het middel vlnr: Ruan Geldenhuys, Duncan Loubser, Karien Snyman en Wynand de Kock. Voor vlnr: Gerhard Snyman, Stefan Geldenhuys en Jovan Barkenhuizen.

THABAZIMBI – Die afrigters van Mogol stoeiklub te Ellisras en die Thabazimbi-tak het verlede Dinsdag, 9 Augustus, ‘n oefenkamp vir hulle stoeiers op plaaslike bodem aangebied.

Die stoeiers het hul tegnieke verbeter en ook fiksheid gedoen met die oog op die volgende toernooie onder andere, Pietersburg geslote, SA Streek en die SA Kampioenskappe wat om die draai is.