Loslitdag-foto’s

THABAZIMBI – Die Kwêvoël gaan Loslitdag hierdie jaar ondersteun deur ‘n gemeenskaps-fotokompetisie aan te bied.

Alle Loslitdag-foto’s kan ingestuur word na estie@kwevoel.co.za, die bestes word geplaas en die gunsteling foto, dit wil sê die foto met die meeste “likes” op die Kwêvoël se facebook-blad staan ‘n kans om ‘n prys te wen.

Loslitdag vind plaas op Vrydag 2 September 2011. Die foto’s word vanaf Vrydag 9 September gepubliseer.