Laerskool Thaba by Bokkieweek

THABAZIMBI – Twee rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi is vir die Verre Noord Bokkieweek gekies wat op 4-8 Julie te Kroonstad plaasgevind het. Die span het vyfde geëindig van 14 spanne. Die skool wens hulle geluk met die wonderlike prestasie.