Laerskool Dwaalboom gee aan TAR

Al die leerlinge van Laerskool Dwaalboom wat gehelp het om honde- en katkos in te samel vir Thabazimbi Animal Rescue.

DWAALBOOM – Drie leerders van Laerskool Dwaalboom het besluit om ‘n fondsinsameling ten bate van Thabazimbi Animal Rescue te hou aangesien diere vir hulle baie na aan die hart lê.

Al die kinders in die skool is gevra om ‘n bydrae te lewer in die vorm van ‘n sakkie honde- of katkos wat hulle na die skool gebring het.

Fondse is ook ingesamel deur “hot dogs” en melkskommels te verkoop waardeur ‘n stewige bedrag ingesamel is.

Die leerders van Laerskool Dwaalboom word bedank vir hul bydraes wat sal toesien dat die gemeenskap se weggooi-diertjies se magies darem vol sal wees terwyl die skool TAR bedank vir hul goeie werk wat hulle vir die diere-maats doen.