Kofukan Karate gradering

Agter vlnr: Leandi, Chris-Jan (ondersteuner), Rainier, Mike, Marius, Toniyame en Ben. Voor vlnr: JW, Chimoné, Janika en Thabang na hul gradering vroeër die maand.

THABAZIMBI – Thabazimbi Karate Klub onder leiding van Sensei Rainier le Roux het die gradering bygewoon op 3 en 4 Augustus te Brits Bosveld Karate Klub wat ook hul Moederklub is. Sensei Marius Ferreira, hoof van Brits Bosveld Karateklub (Kofukan), Sensei Mike Norman SA Hoof van Karate Styl (Kofukan) en Shihan Keiji Tomiyama Internasionale Hoof van Karate Styl (Kofukan) was teenwoordig.

Thabazimbi Klub studente wat gradering bygewoon het, is soos volg: Thabang Maboke (21) swart 1ste dan senior, Chimoné Havenga (16) swart 1ste dan junior, JW Viljoen (15) swart 1ste dan junior, Janika Kemp (16) bruin 1ste kyu, Leandi Coetzee (15) pers, Victor Viljoen (9) .