HFM gholfspanne vaar uitstekend

Die B-span gholfspelers van HFM wat in die C-liga gespeel het was voor: Armand Azar en Edward de Villiers. Agter: Clemons Steenkamp, Bernard van Rensburg en Mnr R Visser.

POLOKWANE – Drie van HFM se gholfspanne het op 29 Julie deurgedring na die Limpopo Finaal.

Die drie spanne het in baie moeilike weersomstandighede baie goeie gholf gespeel. Die A span het teen vier ander skole uitgespeel en slaag daarin om drie van die skole maklik te klop maar verloor ongelukkig teen Piet Potgieter met slegs ‘n punt.

Die A span is dan die Limpopo naaswenners. Die B-span het in die C-liga deelgeneem en die C-span het in die D-liga meegeding. Hulle het skitterende gholf gespeel en wen al hulle opponente en word sodoende gekroon as die Limpopo wenners. Elke span ontvang ‘n trofee. Die volgende persone word bedank vir hulle ondersteuning en borgskappe deur die jaar: Thabazimbi Gholf klub, Mnr Deon Azar, Mnr Piet du Toit, Mnr Charlie Penzhorne, Mnr en Mev Richter, Mnr Harm Steenkamp, Mnr Gerhard van Rensburg en Emsé Behrens. Die spanne sien uit om die Interhoër wat op Vrydag 19 Augustus plaasvind goeie gholf te speel.