HFM bied aan: Nostalgie!

Happy Ending – almal

THABAZIMBI – ‘n Massa-projek waaraan 250 Frikkies deelgeneem het is verlede week by Hoërskool Frikkie Meyer op die planke gebring ter viering van HFM se 50ste bestaansjaar.

Nostalgie, die musiekblyspel, is met groot sukses aangebied waartydens Frikkies gedans, gesing en teruggedink het aan 50 jaar se goeie herinneringe.

Die skool bedank elke Frikkie wat aan die musiekblyspel deelgeneem het, dit was skitterend.