Frikkies SR gee vir Tambotie

Die SR van HFM het ‘n tjek aan Tambotie Versorgingseenheid op Maandag 1 Augustus oorhandig. Op die foto agter vlnr: Mariaan Senekal (SR-Voog), Mari Richter en Neels Kramer. Tweede ry vlnr: Melandré Maré, Glenize van Rooyen, Marie Steenekamp (Matrone van Tambotie), Dr Andries Buys, Delcia Steenkamp en Alike van der Wetering. Voor vlnr: Anita van Tonder, Tessa Coetzer, Simoné Pieterse, Clarinda van der Wetering en Kelé Phiri.

THABAZIMBI – Met die aanbieding van die Simfonia Juventi Jeugorkes op 7 Mei 2011, het die Studente Raad van Hoërskool Frikkie Meyer fondse ingesamel ten bate van Tambotie Versorgingseenheid.

Op Maandag 1 Augustus  het die SR vir die bejaardes gaan kuier, vir elkeen ‘n blomme-ruikertjie gegee en die tjek aan hulle oorhandig.

Rhona Potgieter en Marieta Bean word bedank vir die ruikertjies wat hulle gemaak het.