Amper tyd vir Dwaalboom Oesfees

DWAALBOOM – Die jaarlikse Oesfees word hierdie jaar op 9 en 10 September aangebied.

Dit beloof om ‘n naweek van pret en plesier vir die hele gesin te wees met hope uitstallers, ‘n gaskunstenaar en groot sports. Belangstellende uitstallers kan Daleen Beyneveldt skakel by 0834612934.

Daar gaan ook speletjies vir die kinders wees en ‘n rally vir volwassenes. Vir die sportentoesiaste is daar ‘n bergfietswedren asook ‘n talentkompetisie. Wees op die uitkyk vir die volledige program wat binnekort sal verskyn.