Wildveiling Thaba

Die juweel van die veiling was die koningswildebees, geteel deur Jan Trichardt. Die bul is verkoop teen R 500 000.

Die tweede Thabazimbi Wildveiling tydens die Thabazimbi Landbou skou was soos verlede jaar, ‘n groot sukses.

Met ‘n omset wat bykans R 2,5 miljoen gehaal het, was Johan Vosser, hoof direkteur van Vleissentraal Bosveld baie in sy skik. Die krale is onlangs vergroot om ‘n reuse veiling moontlik te maak.

Met heelwat raar spesies, kon wildboere aan al hul behoeftes voldoen. Die juweel van die veiling was die koningswildebees, geteel deur Jan Trichardt. Die bul is verkoop teen R  500 000. Die Koningsblou wildebeest het ‘n wit bles en ligte strepe.

Twee swart rooibokramme is verkoop vir R 100 000 elk. Twee Swartwitpensbulle is verkoop teen R 26 000 en R 20 000 elk.’n Livingston Elandbul is verkoop vir R 22 500. Koedoebulle is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R 11 786 met die hoogste prys van R 15 000. ‘n Elandbulletjie het R 11 000 behaal. Waterbokbulle is verkoop teen R 9334 gemiddeld met die duurste bul wat R 10 000 behaal het. Twee tsetsebe bulle het elk R 8 000 behaal. Nyala bulle het R 6 500 gemiddeld behaal.  Rooibokramme is verkoop teen R 1586 verkoop en jong ramme teen R 1050.

Daar was heelwat vroulike diere te koop. Twee goue blouwildebeeskoeie is verkoop teen R 370 000 elk. Die diere, in teenstelling met die koningsblouwildebees, is goud van kleur, met ‘n goue kuif en vel. Blouwildebeeskoeie wat die gekleurde gene dra, word Splits genoem en een koei is verkoop teen R 9 000. Doodgewone blouwildebeeste is verkoop teen R 2 646 gemiddeld met die mooistes wat R 2 900 behaal het. Kameelperd is verkoop gemiddeld teen R 16 750 en die duurste koei het R 17 500 gekos. Hartwater-bestande springbokke is verkoop teen R 7 500. Roo hartbeeste is verkoop teen R 5 600 elk. Elande het R 5 550 gemiddeld behaal. R 5 250 is betaal vir Gemsbokkoeie. ‘n Groot trop Zebras is verkoop teen R 4 600 gemiddeld. Waterbokkoeie het R 4 100 gemiddeld behaal. ‘n Groot groep koedoekoeie is verkoop teen R 3 188, met R 3 400 as hoogste prys. Vier volstruise is verkoop teen R 1 300 elk. Rooibokooie is verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R 1 167, met die hoogste prys van R 3 000.