Thaba Hervormers sê Dankie

DJ Ossewa in aksie tydens Saterdag 6 Augustus se Apiesdoring Karnaval.

Thabazimbi Apiesdoring Karnaval

THABAZIMBI – Die organiseerders van die Apiesdoring karnaval het versoek dat Die Kwêvoël die volgende kort verkiesing sal plaas.

“Die Apiesdoring karnaval is ‘n kerk projek. ‘n Gemeente aksie. Maar ‘n grote, waar meer as 90% van ons lidmate op een of ander manier betrokke is. Dis ook waaraan die sukses van die karnaval gemeet word: die gees en die betrokkenheid van die gemeente. En dit was hierdie jaar weer so. Daar is saam gedink, beplan, gebak, gejag, gebou, geverf, geslag, verwerk, geskerts, gelag en gekuier. En daar is saam gebid. Ons dank die Here vir Sy seën. Duisende besoekers het ons ondersteun. En daarvan was by verre die meeste uit Thabazimbi en ons bosveld se omgewing. Baie dankie vir u ondersteuning. Dankie vir die geduld as die biltong of vleissaal se tou soms lank was. Dankie vir ons gaste se hartlikheid en erkentelikheid . Dit was voorwaar ‘n boeregees was geheers het. Bo alles weer al die eer aan die Hoof van ons kerk: Jesus Christus ons Heer.”