Arwin Equestria aktiwiteite

Arwin Equestria se Afrigter Tanita Jansen van Vuuren op haar perd Dromond waar sy Afrigting ontvang deur Micheal Brown van Pine Ridge stables in Kayalami. Hy kom op ‘n maandelikse basis na Thabazimbi waar lesse geskied by Christie en Jacques Els se Kleinhoewe.

THABAZIMBI – Arwin Equestria is ‘n aktiewe privaat perdryskool wat net 4.5km buite Thabazimbi geleë is.

Hier by Arwin is hulle ernstig oor dit wat hulle doen en net die beste is goed genoeg vir die perde, ruiters en eienaars. Die fasiliteite wat hulle bied is van hoë standaard asook baie veilig, waar ruiter en perd altyd eerste gestel word in alles wat aangepak word.

Hulle spesialiseer in afrigting van ruiters in verskeie dissiplines, skool en inbreek van perde, koop en verkoop van perde asook afrigting vir spesiale kinders (Equi Terapie).

Arwin verwelkom alle nuwe ruiters en perde wat hulle die laaste ruk by gekry het en spreek die hoop uit dat hulle jare se geluk en vriendskap saam sal deel.

Vir enige navrae kontak Sonja vir die verblyf en verhuring van perde by 0828100255, of vir Tanita vir die afrigting van ruiters en perde by 0723526957.