Top Thaba Beesskou

'n Opperste skoukoningin is vanjaar by die Thabazimbi skou gekroon. R10 06/54 van Llewelynn en Corrie Labuscagne van R10 Brahmane van Letsetele is tussen alle rasse en beide geslagte gekies as die wenner van die Goue Beker. Hier is sy saam met Llewelynn en Phineas Selepe. Sy was ook die Interras kampioen koei, die Wit Brahman Ras en Senior kampioen koei.

THABAZIMBI – Met meer as 200 diere was 2011 een van die grootste Brahman-skoue in jare tydens die Landbou- en Nywerheidskou. ‘n Opperste kampioen of Skoukoningin is gekroon. Vanjaar was dit ‘n Wit Brahman koei, R10 06/54 van R10 Brahmane  van Llewelynn en Corrie Labuscagne van Letsetele. Sy was ook die Interras kampioen koei. Die Interras kampioen bul was die Reserwe Opperste kampioen, vanjaar ‘n Simmentaler bulletjie van Jacmi Simmentalers van Kobus en Mieta Erasmus van Lephalale, naamlik Jacmi Hanu (P), JME 09/26. Tydens die provinsiale skou het Brahman-telers van so ver as Swartruggens en Letsetele kom skou. Rooi Brahmane: Ras kampioen bul: HBW 07/27 van Henry Brits van HCB Brahmane van Swartruggens; Reserwe Ras kampioen: KH 08/800 van AB Brahmane van Bines Schoeman, Stephanus Schoeman en Lano Schlebusch; Senior kampioen: HBW 07/27 van Henry Brits; Reserwe Senior kampioen: KH 08/800 van AB Brahmane; Junior kampioen: BIN 08/41 van AB Brahmane; Reserwe Junior kampioen: LB Pilot Three, LB 08/158 van LOBRAM Brahmane van Hannetjie Loots van Lephalale; Intermediêre kampioen: PRI 09/976 van PRI Brahmane van Johan en Martin Prinsloo van Thabazimbi; Reserwe Intermediêre kampioen: BIN 09/80 van AB Brahmane; Kampioen bulkalf: PRI 10/36 van PRI Brahmane; Reserwe kampioen bulkalf: JFW 10/204 van DOMAC Brahmane van Thabazimbi; Superkoei: LB Miempie, LB 02/52 van LOBRAM Brahmane; Ras kampioen koei: PRI 107/737 van PRI Brahmane; Reserwe Ras kampioen koei: LB World Cup, LB 07/140 van LOBRAM Brahmane;  Senior kampioen koei: PRI 107/737 van PRI Brahmane; Reserwe Snr koei: LB World Cup, LB 07/140 van LOBRAM Brahmane; Jnr kampioen vers: HBW 09/97 van Henry Brits; Reserwe junior vers: AA 09/883 van AB Brahmane; Intermediêre kampioen vers: HBW 09/116 van Henry Brits; Reserwe Intermediêre kampioen vers: BIN 09/62 van AB Brahmane;

Kampioen verskalf: BIN 1061 van AB Brahmane; Reserwe kampioen verskalf: LB 10/200 van LOBRAM Brahmane; Wit Brahmane: Ras kampioen bul: R10 08/54 van R10 Brahmane van Llewelynn en Corrie Labuscagne van Letsetele; Reserwe Ras: AJS 10/264 van True Blood’s Brahmane van Andrew Smith van Modimolle; Senior kampioen bul: BEL 08/97 van BEL Brahmane van Giel Booyse en Frank Ferreira van Bel Brahmane; Reserwe Senior bul: BEL 08/134 van Bel Brahmane; Junior kampioen bul: R10 08/54 van R10 Brahmane;
Reserwe Junior kampioen: RAN 09/19 van RANZA Brahmane van Ruan Beukes van Thabazimbi; Intermediêre kampioen: R10 09/113 van R10 Brahmane; Reserwe Intermediêre bul: AJS 09/146 van True Blood’s Brahmane; Kampioen bulkalf: AJS 10/264 van True Blood’s Brahmane; Reserwe kampioen bulkalf: R10 10/159 van R10 Brahmane; Ras kampioen koei: R10 06/54 van R 10 Brahmane; Reserwe Ras Koei: R10 10/174 van R10 Brahmane;

Senior kampioen koei: R10 06/54 van R 10 Brahmane; Reserwe Senior kampioen: R 10 08/52 van R10 Brahmane; Junior kampioen vers: AJS 08/120 van True Blood’s Brahmane; Reserwe Junior vers: R10 09/107 van R10 Brahmane; Intermediêre kampioen: LT 09/15 van Eltricha van Louis Trichardt van Alma; Reserwe Intermediêre kampioen: BEL 09/190 van Bel Brahmane; Kampioen verskalf: R10 10/174 van R10 Brahmane; Reserwe Kampioen versk: LT 10/19 van Eltricha Brahmane. Die res van die uitslae was as volg: Afrikaners: Ras en Senior kampioen bul: Pronk De Ridder, TK 504, van dr Pieter de Kock van Pronk Afrikaners van Thabazimbi; Reserwe Ras en Reserwe Senior kampioen bul: Pronk De la Rey, TK 653, van Pronk By die Afrikaners het dr Pieter de Kock van Pronk Afrikaners skoonskip gemaak. In die Interras kompetisie, het sy bulpaar en gemengde paar tweede plek behaal; Reserwe Junior kampioen bul: Pronk Archibald, TK 772; Kalf kampioen bul: Pronk Hector, TK 1007; Ras en Senior kampioen koei: Pronk Justine, TK 550; Reserwe Ras en Junior kampioen koei: Pronk Hadassa, TK 798

Reserwe Senior kampioen koei: Pronk Adri, TK555; Kalf kampioen vers: Pronk Kabi, Tk 1006

Die Hugenote van J3 Hugenote het derde plek behaal in die Interras groepsklas vir twee vroulike diere en groep van vier diere; Ras en Junior kampioen bul: J3 Bullet, J3 JDI 08/114 van J3 Hugenote van Mike Coetzee van Louis Trichardt; Reserwe Ras en Senior kampioen bul: J3 Wors, J3 48/2 van J3 Hugenote; Kalf kampioen bul: J3 11/018 van J3 Hugenote

Ras en Junior kampioen koei: JDI 6045 van J3 Hugenote; Reserwe Ras en Senior kampioen koei: J3 Chrissie, JDI 48/6 van J3 Hugenote; Kalf kampioen vers: J3 11015 van J3 Hugenote.

Die Simmentalers het uitstekend gevaar met die Interras kompetisies. Jacmi Stoet het eerste plek behaal met ‘n paar. Simlee Stoet was tweede met ‘n vroulike paar en derde met die bulpaar. ‘n Groep van vier diere het tweede plek behaal tussen al die rasse: Ras en junior kampioen bul: Jacmi Hanu (P), JME 09/26, van Jacmi Simmentalers van Kobus en Mieta Erasmus van Lephalale; Reserwe Ras en Kalf kampioen bul: Jacmi Hanru, JME 10/13 van Jacmi Simmentalers; Reserwe Junior kampioen: Simlee Bannister, CE 09/69, van Simlee Simmentalers van Callie en Erika Lee van Thabazimbi; Reserwe Kalf Kampioen bul: Jacmi Baros, JME 10/3 van Jacmi stoet; Ras en Junior kampioen koei: Simlee Gretmaro, CE 09/18 van Simlee Stoet; Reserwe Ras en Senior kampioen koei: Simlee Marta, CE 05/77 van Simlee stoet; Reserwe Senior kampioen: Thelza Musca, THE 07/4 van Thelza Simmentalers van Theo en Elzabe Bothma van Lephalale; Reserwe Junior kampioen koei: Jacmi Madba, JME 08/14 van Jacmi stoet. Die Braunvieh’s van Cois Harman van Harman Braunvieh’s van Zeerust was derde in die Interras paar kompetisie; Ras en Junior kampioen bul: Beaulin Orkaan, JJH 09/06 van Harman stoet; Ras en Senior kampioen koei: Harman Meusli, FJNH 05/04 van Harman stoet; Limousin: Ras en Junior kampioen bul: DENEL HBE 09/06 van Andre de Jager en Piet Nel van Denel Limousins van Sentrum; Reserwe Ras en Senior kampioen bul: DENEL Tarvus MN van Denel stoet; Kalf kampioen bul: DENEL HBE 10/29 van Elandre de Jager van Denel Limousins van Sentrum; Ras en Junior kampioen koei: DENEL Mieta, HBE 08/11 van Denel stoet; Kalf kampioen vers; Denel HBE 10/25 van Elanadre de Jager van Denel stoet. Sien die volgende uitgawe vir Limousin kampioene en nog foto’s van Bosveld telers, asook die Pluimvee skou kampioene.

Elana Greyling