Nuwe hoof vir Bosveld Akademie

Mnr Glen van Rooyen het as skoolhoof by Bosveld Akademie Privaatskool aangesluit.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie Privaatskool het hierdie kwartaal op ‘n hoë noot afgeskop en spog met ‘n nuwe skoolhoof, mnr Glen van Rooyen.

Mnr Van Rooyen is ‘n boorling van Newcastle in Natal. Hy en sy eggenote, Helize, woon sedert 1991 op Thabazimbi. Hy was vroeër adjunkhoof by Hoërskool Frikkie Meyer en het ‘n paar jaar gelede sy eie baie suksesvolle besigheid begin. Hy het egter baie na die onderwys terug verlang. Die skool wens mnr Van Rooyen hartlik welkom by Bosveld Akademie. Sy personeel vertrou dat hy sal help met die voortbouing van die skool en sien daarna uit om ‘n lang en suksesvolle pad saam te loop.